1. Die Here het gepraat met Hosea seun van Beëri. Dit was in die tyd toe vier konings ná mekaar koning van Juda was. Die konings was Ussia, Jotam, Agas en Hiskia. Jerobeam seun van Joas was toe koning van Israel.
2. Die Here het begin om met Hosea te praat. Die Here het vir Hosea gesê:“Jy moet trou en jy moet kinders kry. Jou vrou en jou kinders sal ontrou wees, want al die mense in die land is altyd ontrou aan die Here.”
3. Hosea het toe gegaan en hy het met Gomer getrou. Gomer was die dogter van Diblajim.Gomer het swanger geword en sy het ’n seun gekry vir Hosea.
4. Die Here het toe vir Hosea gesê:“Jy moet die seun Jisreël noem, want die tyd is naby wanneer Ek die nageslag van koning Jehu sal straf. Ek sal hulle straf, want hulle het baie mense vermoor in die stad Jisreël.“Ek sal hulle koning wegvat, die land Israel sal nie meer ’n koning hê nie.
5. “Daardie dag sal Ek vyande laat kom om oorlog te maak teen Israel, en hulle sal die mense van Israel oorwin in die Jisreël-vallei.”
6. Gomer het weer swanger geword en sy het ’n dogter gekry.Die Here het gesê:“Jy moet haar noem‘Nie-Weer-Goed-Wees-Nie,’“want Ek sal nooit weer goed wees vir die mense van Israel nie. Nee, Ek sal hulle wegvat uit hulle land, Ek sal dit doen.
7. “Maar vir die mense van Juda sal Ek goed wees. Ek is hulle God die Here, en Ek sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens en oorlog nie, nie met soldate op perde nie.”