1. Hy sê: “My liefste, jy moet luister, jy is mooi,luister, jy is mooi,jou oë is soos duiwe agter jou sluier,jou hare is soos ’n trop bokke wat afkom teen Gilead-berg.
2. Jou tande is soos ’n trop skaap-ooie,skape wat skoon gewas en geskeer is.Elke ooi het tweeling-lammers, en almal het lammers.
3. Jou lippe is soos bloedrooi lint, jou mond is mooi,jou wange is soos stukke granaat agter jou sluier.
4. Jou nek is soos die toring van Dawidmet sy klippe in rye,daar hang 1 000 skilde aan die toring,dit is almal skilde van spesiale manne.
5. Jou twee borste is soos twee jong takbokkies,soos die tweeling-lammers van ’n gaselwat tussen die blomme wei.