6. Die jongmanne het toe gekom, hulle het hom toegedraai en hom uitgedra en gaan begrawe.
7. Ná omtrent drie uur het Ananias se vrou daar aangekom. Sy het nie geweet wat gebeur het nie.
8. Petrus sê toe vir haar: “Sê vir my, het julle die grond verkoop vir soveel geld soos Ananias gesê het?”Sy sê toe: “Ja, dit is hoeveel geld ons gekry het.”
9. Petrus het vir haar gesê: “Hoekom het jy en jou man saam besluit om die Gees van die Here te toets? Kyk, die jongmanne wat jou man begrawe het, staan hier by die deur en hulle sal jou ook uitdra.”
10. Sy het dadelik gesterf en sy het by Petrus se voete op die grond geval. Toe die jongmanne inkom en sien dat sy dood is, het hulle haar uitgedra en hulle het haar by haar man begrawe.
11. Die hele gemeente en almal wat dit gehoor het, het baie bang geword.
12. Die Here het die apostels baie tekens en wonderwerke laat doen by die mense. En al die gelowiges het baie maal bymekaargekom in die Pilaargang van Salomo.
13. Die ander mense was ’n bietjie bang om saam met die gelowiges te aanbid. Maar hulle het die gelowiges gerespekteer.
14. Later het die Here meer en meer mense laat kom om saam met die gemeente te aanbid, mense wat in Hom glo. Daar was baie mans en vroue.
15. Die mense van Jerusalem het die siek mense uitgedra tot buite in die strate. Daar het hulle die siek mense neergesit op slaapmatte en beddens. Hulle het gehoop dat Petrus sal verbykom en dat sy skaduwee op een van die siek mense sal val.
16. Baie mense het ook van die stede rondom Jerusalem gekom. Hulle het hulle siek mense gebring en ook die mense wat onrein geeste in hulle gehad het, en die Here het hulle almal gesond gemaak.
17. Toe het die hoëpriester en die hele groep wat saam met hom regeer het, baie jaloers geword. Hulle was Sadduseërs. Hulle het besluit om iets sleg te doen aan die gelowiges.
18. Hulle het die apostels gevang en in die tronk gesit waar die gewone gevangenes was.
19. Maar ’n engel van die Here het in die nag gekom. Hy het die deure van die tronk oopgemaak en hy het die apostels na buite gelei.
20. Hy het vir die apostels gesê: “Gaan staan in die tempel en preek vir die mense alles wat hulle moet hoor van Jesus, sodat hulle waarlik kan lewe.”
21. Die apostels het gedoen wat die engel gesê het. Hulle het baie vroeg die volgende oggend na die tempel gegaan en vir die mense geleer.Die hoëpriester en die mense wat saam met hom regeer het, het toe gesê al die mense van die Joodse Raad en al die familieleiers van Israel moet bymekaarkom en hulle moet vergadering hou. Hulle het toe wagte na die tronk gestuur om die apostels te gaan haal.
22. Maar toe die wagte by die tronk kom, het hulle gesien die apostels is nie daar nie. Hulle het teruggekom en hulle het dit vir die Joodse leiers vertel.
23. Hulle het gesê: “Toe ons by die tronk kom, was die tronk gesluit. Al die deure was toegesluit, en die wagte het by die deure gestaan. Maar toe ons die deure oopmaak, was daar niemand binne nie.”
24. Toe die offisier van die wagte wat by die tempel werk en die priesterleiers dit hoor, was hulle baie verbaas. Hulle het gewonder wat gebeur het.