5. Jy moet ’n paar mans na die hawestad Joppe stuur om vir Simon te gaan haal. Die mense noem vir Simon ook Petrus.
6. Petrus bly by ’n man, sy naam is ook Simon. Hy is ’n leerlooier en hy het ’n huis by die see.”
7. Die engel wat met Kornelius gepraat het, het weggegaan. Kornelius het twee van sy slawe wat in sy huis gewerk het, geroep en ook ’n soldaat wat vir hom gewerk het.
8. Nadat Kornelius alles vir hulle vertel het, het hy hulle na Joppe gestuur.
9. Terwyl hulle die volgende dag op die pad na Joppe was en nader kom na die stad, het Petrus op die huis se plat dak geklim om te bid. Dit was omtrent twaalfuur die middag.
45-46. Die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, het gehoor dat die mense in tale praat en hulle het gehoor dat die mense God prys. Die Joodse gelowiges was toe baie verbaas omdat God die Heilige Gees ook in heidene laat kom het. Petrus sê toe:
47. “Niemand kan dit keer nie, hierdie mense mag met water gedoop word, want hulle het ook die Heilige Gees ontvang, soos ons.”
48. Petrus het toe gesê dat Kornelius en al sy mense gedoop moet word in die Naam van Jesus Christus. Daarna het hulle vir Petrus gevra om nog ’n paar dae daar te bly.