9. My seun Juda,jy is soos ’n jong leeuwat opstaan nadat hy’n bok gevang het.Jy gaan lê soos ’n leeuwat gaan slaap,en almal is bang om jou te pla.
10. Daar sal altyd ’n koningin jou nageslag wees.Hy sal regeer totdat Silo kom.Baie volke sal gehoorsaamwees aan hom.
11. Hy sal die beste wingerdstokke hêen hy sal sy donkiedaaraan vasmaak.Hy sal so baie wyn hêdat hy sy klere daarinkan was.
12. Sy oë sal meer blink as wyn,sy tande sal witter wees as melk.
13. “Sebulon sal naby die see woon,by die strand waar die bote is.Hy sal grond hê tot bydie stad Sidon.
14. “Issaskar is soos ’n sterk donkiewat tussen die saalsakke lê.
15. Hy sal ’n goeie ruspleken ’n mooi land sien.Hy sal tevrede weesom hard te werk daarvoor,ja, hy sal soos ’n slaaf werk.
16. “My seun Dan sal seker maakdat mense reg doenaan sy volk,want hulle is ookeen van die stammevan Israel.
17. Dan is soos ’n slang langs die pad.Hy is soos ’n horingslangwat die perdse hakskeen byt,sodat die man wat opdie perd ry,agteroor val.
18. “Here, Ek wag dat U my help.
19. “’n Klomp rowerssal vir Gad aanval,maar hy sal hulle wegjaag,hy sal van agter kom en hysal hulle aanval.
20. “Aser sal goeie kos eet.Hy sal kos eet wat koningsaltyd eet.