1. Jakob het sy seuns geroep en gesê:“Kom hier na my toesodat ek vir julle kan vertelwat later met julle nageslagsal gebeur.
2. Kom hier en luister,seuns van Jakob.Kom luister na julle pa Jakob.
3. “Ruben, jy was my eerste kind.Jy is gebore toe ek jonken sterk was,jy is my besteen belangrikste seun.
4. Maar jy sal nie die belangrikstebly nie,want jy het ’n verkeerde dinggedoen.Jy was soos water wat oordie walle stroom.Jy het seks gehad metjou pa se vrou,jy het my bed onrein gemaak.
5. “Simeon en Levi is broerswat dieselfde is.Hulle is lief om te baklei.
6. Hulle kom bymekaaren maak planne,maar ek wil nie daar saam methulle wees nie,want hulle het mensedoodgemaak toe hullekwaad was.Hulle het wrede dinge gedoenaan diereen hulle het die dierese hakskene afgesnyomdat hulle lus wasom dit te doen.
7. Ek vervloek hulleomdat hulle so baiekwaad geword het.Hulle sal nie bymekaarkan bly nie,hulle sal woon tussendie ander mense,oral in die land Israel.
8. “Juda, jou broers sal jou prys.Jy sal jou vyande oorwin enjy sal regeer oor jou broers.
9. My seun Juda,jy is soos ’n jong leeuwat opstaan nadat hy’n bok gevang het.Jy gaan lê soos ’n leeuwat gaan slaap,en almal is bang om jou te pla.
10. Daar sal altyd ’n koningin jou nageslag wees.Hy sal regeer totdat Silo kom.Baie volke sal gehoorsaamwees aan hom.
11. Hy sal die beste wingerdstokke hêen hy sal sy donkiedaaraan vasmaak.Hy sal so baie wyn hêdat hy sy klere daarinkan was.
12. Sy oë sal meer blink as wyn,sy tande sal witter wees as melk.
13. “Sebulon sal naby die see woon,by die strand waar die bote is.Hy sal grond hê tot bydie stad Sidon.