Genesis 46:32-34 Bybel vir Almal (ABA)

32. Ek sal vir hom sê julle is veeboere, julle boer met beeste, skape en bokke, en julle het alles saamgebring wat julle het.

33. Wanneer die farao julle roep en vir julle vra watter werk julle doen,

34. dan moet julle sê: ‘Ons is nog altyd veeboere, vandat ons klein was. Ons oupas en pa’s was ook veeboere.’ Julle moet sê julle is veeboere, dan sal die farao sê julle mag in Gosen woon. Die Egiptenaars hou niks van veeboere nie en hulle wil nie naby veeboere woon nie.”

Genesis 46