1. Jakob het weggegaan uit Kanaän saam met al sy mense. Hy het by die stad Berseba gekom en hy het offers gebring vir die God van sy pa Isak.
2. Jakob het in die nag gedroom dat God hom roep en sê: “Jakob!”En Jakob het geantwoord: “Hier is ek!”
3. Toe sê God: “Ek is God, die God van jou pa Isak. Gaan na die land Egipte en moenie bang wees nie. Ek sal jou nageslag in Egipte baie maak. Hulle sal ’n groot volk word.