Genesis 42:16-20 Bybel vir Almal (ABA)

16. Een van julle moet julle broer gaan haal, maar julle ander moet hier in die tronk bly. So sal ek uitvind of julle die waarheid praat of nie. Julle is spioene, so seker soos die farao lewe.”

17. Josef het hulle toe drie dae lank in die tronk toegesluit.

18. Op die derde dag het Josef vir hulle gesê: “Ek dien God. As julle doen wat ek sê, dan sal ek julle nie doodmaak nie.

19. As julle eerlike mense is, dan moet een van julle broers hier in die tronk bly. Julle ander kan dan gaan en vir julle honger mense by die huis koring bring.

20. Julle moet daarna julle jongste broer na my toe bring. Dan sal ek julle glo, en dan sal julle nie sterf nie.”Die broers het dit toe gedoen.

Genesis 42