Genesis 36:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is ’n lys van die nageslag van Esau. Esau se ander naam was Edom.

2. Esau het getrou met vroue uit Kanaän. Die vroue was Ada, die dogter van die Hetiet Elon, en Oholibama, die dogter van Ana wat die dogter was van die Hewiet Sibon.

3. Sy ander vrou was Basemat, sy was die dogter van Ismael en die suster van Nebajot.

4. Ada het ’n seun gekry vir Esau, die seun se naam was Elifas, en Basemat het ’n seun Reüel gekry.

Genesis 36