12. Ek gee ook hierdie land vir jou. Dit is die land wat Ek vir Abraham en vir Isak belowe het. Ek gee dit vir jou en vir jou nageslag ná jou.”
13. Toe het God weggegaan van Jakob.
14. Jakob het ’n gedenksteen op die plek gesit waar God met hom gepraat het. Hy het ’n drank-offer op die klip uitgegooi en ook olyf-olie.
15. Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.
16. Jakob en sy mense het van Bet-El getrek na Efrata. Hulle was nog nie naby Efrata nie, toe het Ragel ’n kind gekry. Sy het baie pyn gehad toe die kind gebore is.
17. Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog ’n seun gekry.”
18. Ragel was besig om te sterf, en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, het sy die seuntjie Ben-Oni genoem. Maar sy pa Jakob het hom Benjamin genoem.