11. God het ook vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Jy moet vrugbaar wees en ’n groot nageslag hê. ’n Volk, ja, baie volke, sal uit jou kom. Jy sal die voorvader van konings wees.
12. Ek gee ook hierdie land vir jou. Dit is die land wat Ek vir Abraham en vir Isak belowe het. Ek gee dit vir jou en vir jou nageslag ná jou.”
13. Toe het God weggegaan van Jakob.
14. Jakob het ’n gedenksteen op die plek gesit waar God met hom gepraat het. Hy het ’n drank-offer op die klip uitgegooi en ook olyf-olie.
15. Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.
16. Jakob en sy mense het van Bet-El getrek na Efrata. Hulle was nog nie naby Efrata nie, toe het Ragel ’n kind gekry. Sy het baie pyn gehad toe die kind gebore is.
17. Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog ’n seun gekry.”
18. Ragel was besig om te sterf, en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, het sy die seuntjie Ben-Oni genoem. Maar sy pa Jakob het hom Benjamin genoem.
19. Ragel het gesterf en hulle het haar begrawe langs die pad na Efrata. Efrata se ander naam is Betlehem.
20. Jakob het ’n gedenksteen op haar graf gesit. Dit is die gedenksteen wat vandag nog op Ragel se graf is.
21. Jakob het toe verder getrek en hy het sy tente anderkant die stad Migdal-Eder opgeslaan.
22. Terwyl Jakob in daardie land gewoon het, het Ruben seks gehad met sy pa se byvrou Bilha, en Jakob het daarvan gehoor.Jakob het twaalf seuns gehad.
23. Lea se seuns was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.
24. Ragel se seuns was Josef en Benjamin.
25. Ragel se slavin Bilha se seuns was Dan en Naftali.