Genesis 25:27-31 Bybel vir Almal (ABA)

27. Die seuns het grootgeword, en Esau kon goed jag. Hy het gehou van die veld. Jakob was ’n rustige man en hy het geboer met skape en bokke.

28. Isak was meer lief vir Esau, want Isak het gehou van wildsvleis. Maar Rebekka was meer lief vir Jakob.

29. Eendag was Jakob besig om sop te kook. Esau het van die veld gekom en hy was baie moeg.

30. Esau sê toe vir Jakob: “Ek is baie honger. Gee my asseblief van daardie rooi sop van jou.”Daarom het hulle Esau ook Edom genoem.

31. Maar Jakob sê vir hom: “Gee dan vir my eers die regte wat jy het omdat jy eerste gebore is.”

Genesis 25