Genesis 25:24-27 Bybel vir Almal (ABA)

24. Toe die kinders gebore is, was dit ’n tweeling.

25. Toe die eerste seun gebore is, sien hulle hy is rooi en hy het baie hare op sy lyf, so baie hare soos op ’n dier se vel. Daarom het hulle hom Esau genoem.

26. Daarna is sy broer gebore. Sy broer se hand het aan Esau se voet vasgehou. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe die twee seuns gebore is.

27. Die seuns het grootgeword, en Esau kon goed jag. Hy het gehou van die veld. Jakob was ’n rustige man en hy het geboer met skape en bokke.

Genesis 25