Genesis 25:19-23 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hier is die verhaal van Isak, Abraham se seun.

20. Toe Isak 40 jaar oud was, het hy getrou met Rebekka, die dogter van Betuel, ’n Arameër uit Paddan-Aram. Sy was die suster van Laban die Arameër.

21. Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy kon nie kinders kry nie. Die Here het geluister na sy gebed, en sy vrou Rebekka het swanger geword.

22. Die kinders in haar het baie teen mekaar geskop, en sy het gesê: “Hoekom skop die kinders so?”Sy het gaan bid en vir die Here gevra hoekom dit gebeur.

23. Die Here het vir haar gesê:“Die twee kinders in jousal mekaar se vyande word.Hulle sal twee volke word.Die een volk sal sterker weesas die ander volk,en die oudstesal die jongste dien.”

Genesis 25