1. Sara het 127 jaar oud geword.
2. Sy het gesterf in die stad Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän. Abraham het oor Sara gehuil en gerou.
3. Daarna het Abraham opgestaan en weggegaan van sy vrou se lyk. Hy het met die Hetiete gaan praat en vir hulle gesê:
4. “Ek is ’n vreemdeling, ek woon nie altyd hier by julle nie. Ek wil asseblief by julle ’n stuk grond hê wat my eie kan wees, sodat ek my vrou daar kan begrawe.”
5. Die Hetiete het vir Abraham gesê:
6. “Luister na ons, Meneer. Jy is een van ons belangrike leiers. Begrawe jou vrou in die beste graf wat ons het. Nie een van ons sal weier as jy jou vrou in sy graf wil begrawe nie.”
7. Toe kom Abraham en hy buig voor die land se mense, die Hetiete.