6. Daar het water uit die aarde opgekom en die water het die grond natgemaak.
7. Toe het die Here God stof geneem uit die grond en Hy het van die stof ’n mens gemaak.Die Here God het asem in die mens se neus geblaas, en die mens het begin lewe.
8. Die Here God het bome geplant in ’n tuin in Eden in die ooste. Hy het die mens wat Hy gemaak het, daar laat woon.
9. Die Here God het verskillende soorte bome uit die grond laat groei. Dit was mooi bome wat lekker vrugte gedra het. In die middel van die tuin was die boom wat lewe gee, en ook die boom wat vir mense die kennis kan gee sodat hulle sal weet wat goed is en wat sleg is.