Genesis 2:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. en die goud was goed. Daar was ook balsem en oniks.

13. Die naam van die tweede rivier was Gihon. Dit het om die hele land Kus gevloei.

14. Die naam van die derde rivier was Tigris. Dit het oos van die land Assirië gevloei. Die naam van die vierde rivier was Eufraat.

15. Die Here God het die mens in die Eden-tuin laat woon om daarin te werk en dit op te pas.

16. Die Here God het vir die mens gesê: “Jy mag van al die vrugte in die tuin eet,

17. maar een boom se vrugte mag jy nie eet nie. Dit is die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. As jy van daardie vrugte eet, dan sal jy sterf. Dit is seker.”

18. Die Here God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n maat maak wat hom kan help.”

19. Die Here God neem toe grond en Hy maak al die diere op die land en al die voëls.Toe bring Hy al die diere en die voëls na die mens toe. Die Here God wou weet watter name die mens vir die diere sou gee. So het die diere hulle name gekry.

Genesis 2