Esegiël 37:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gevoel die Here sit sy hand op my. Hy het sy Gees gestuur om my uit die stad te bring en Hy het my neergesit in ’n vallei. Die vallei was vol bene van mense wat dood is.

2. Die Gees het gesê ek moet rondom die bene loop. Daar was baie bene in die vallei, en die bene was baie droog.

Esegiël 37