Esegiël 29:8-12 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal nou oorlog na jou land stuur omdat dit gebeur het. Ek sal al die mense en die diere in Egipte laat sterf.

9. Egipte sal ’n plek word waar daar nie mense woon nie, die land sal net hope klippe wees. Hulle sal weet dat Ek die Here is, want die farao het gesê: ‘Dit is mý rivier, dit is ék wat hom gemaak het.’

10. Daarom is Ek jou vyand en jou rivier se vyand. Ek sal Egipte verwoes, niemand sal daar kan woon nie, van die stad Migdol tot by die stad Sewene en tot by die grens van die land Kus.

11. Mense of diere sal nie weer deur die land loop nie, nie een nie, en 40 jaar lank sal niemand daar woon nie.

12. Ek sal Egipte ’n land laat word waar niemand kan woon nie, ’n land tussen ander lande waar ook niemand woon nie. Ek sal die stede van Egipte plekke maak waar niemand kan woon nie, sy stede sal wees tussen ander stede wat hope klippe geword het. Daar sal 40 jaar lank niemand in Egipte woon nie, Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen die ander volke in en Ek sal hulle in ander lande laat woon.”

Esegiël 29