Die Here, Hy wat Here is, sê: “Dit is seker, die hele volk Israel sal My dien op my gewyde berg, op die hoë berg van Israel. Almal in die land, die hele volk Israel, sal My daar dien. Daar sal Ek hulle aanvaar en daar sal Ek julle presente wil hê en julle beste offers saam met alles wat julle aan My wy.