Esegiël 2:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Persoon het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.”

2. Terwyl Hy praat, het die Gees in my gekom en my regop laat staan. Ek het gehoor die Persoon praat met my.

3. Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe. Hulle is ’n opstandige volk wat ongehoorsaam is aan My. Hulle en hulle voorvaders wou nie luister na My nie, tot vandag toe.

4. Hulle is hardkoppige mense en hulle wil nie luister nie. Ek stuur jou na hulle toe, en jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here, sê.

5. En húlle, hulle moet weet dat daar ’n profeet tussen hulle is. Hulle moet dit weet as hulle luister en hulle moet dit ook weet as hulle nie luister nie. Want hulle is ’n opstandige volk.

Esegiël 2