16. hy verdruk niemand nie,hy vat nie iets by iemand wanneer hy vir hom iets leen nie,hy vat nie ander mense se goed nie,hy gee vir honger mense kos en hy gee klere vir mense wat nie klere het nie.
17. Die goeie seun doen reg aan mense wat hulleself nie kan help nie,hy sê nie dat iemand rente moet betaal wanneer hy vir hom geld leen nie, en wanneer hy sê dat iemand rente moet betaal, dan vra hy nie te veel rente nie.Die goeie seun doen wat Ek wil hê en hy lewe soos Ek sê.“So iemand sal nie sterf omdat sy pa verkeerd gedoen het nie, hy sal aanhou lewe, dit is seker.
18. Maar sy pa het mense verdruk, hy het hulle goed gevat en hy het niks goed gedoen in sy land nie, dáárom het die pa gesterf oor sy sonde.
19. En julle vra hoekom Ek nie ’n seun straf oor die sonde van sy pa nie? Die seun het reg gedoen en reg gelewe, hy was gehoorsaam aan alles wat Ek gesê het en hy het dit gedoen. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.
20. Die persoon wat sonde doen, is die persoon wat sal sterf. Ek sal nie ’n seun straf oor die sonde van sy pa nie en Ek sal nie ’n pa straf oor die sonde van sy seun nie. Dit sal goed gaan met die mens wat reg doen en dit sal sleg gaan met die mens wat verkeerd doen.
21. “En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om al die sondes te doen wat hy gedoen het en hy lewe dan soos Ek sê en hy doen reg, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker, hy sal nie sterf nie.
22. Ek sal nie daaraan dink dat hy opstandig was nie. Hy sal aanhou lewe omdat hy reg gedoen het.”
23. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil glad nie hê dat die persoon wat verkeerd doen, moet sterf nie, Ek wil hê hy moet sy lewe verander sodat hy kan aanhou lewe.
24. “En wanneer iemand wat altyd reg gedoen het, ophou om reg te doen en hy doen verkeerd, dan sal hy nie aanhou lewe nie, want hy doen die dinge wat Ek haat, die dinge wat die mense doen wat altyd verkeerd doen. Ek sal nie dink aan alles wat hy gedoen het wat reg was nie. Hy was ontrou en hy het sonde gedoen, daarom sal hy sterf.
25. Julle sê Ek doen nie reg nie. Luister, volk Israel, is dit Ék wat nie reg doen nie of is dit júlle wat nie reg doen nie? Dit is júlle wat nie reg doen nie!
26. Wanneer iemand wat altyd reg gelewe het, ophou om reg te lewe en hy doen verkeerde dinge, dan sal hy daaroor sterf. Hy sal sterf omdat hy verkeerd gedoen het.
27. En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om verkeerd te doen en hy doen reg, dan red hy sy eie lewe.
28. Hy het gesien wat kan gebeur en hy het opgehou om opstandig te wees, daarom sal hy lewe, dit is seker. Hy sal nie sterf nie.