17. Die koning van Babel sal grond gooi teen die muur van Jerusalem en hy sal ’n grondwal bou. Hy sal die stad van al die kante aanval sodat hy baie mense kan doodmaak, maar die farao sal nie sy baie soldate stuur om die koning van Jerusalem te kom help in die oorlog nie.
18. Die koning van Jerusalem het nie gedoen wat hy belowe het nie, hy het die ooreenkoms gebreek. Hy het belowe en hy het die koning van Babel se hand geskud, maar toe doen hy al hierdie ander dinge. Daarom sal hy nie vry wegkom nie.”
19. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Hy het nie gedoen wat hy vir My belowe het nie. Daarom sal Ek hom straf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. Hy het my verbond gebreek.