Eksodus 9:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Gaan na die farao toe en sê vir hom die Here, die God van die Hebreërs, sê hy moet die Israeliete laat gaan sodat hulle Hom kan dien.

2. As hy die Israeliete nie laat gaan nie en as hy weer sê hulle moet hier bly,

3. dan sal Ek hom swaar straf. Ek sal sy diere wat in die veld is, baie siek maak en laat vrek: die perde, die donkies, die kamele, die beeste, die skape en die bokke.

4. Maar Ek sal nie dieselfde doen met die Israeliete se diere nie. Nie een van hulle diere sal vrek nie.”

5. Die Here het besluit wanneer dit moet gebeur en Hy het gesê Hy sal dit die volgende dag doen.

6. Die Here het dit die volgende dag laat gebeur. Al die Egiptenaars se diere het gevrek, maar nie een van die Israeliete se diere het gevrek nie.

7. Die farao het mense gestuur om te gaan kyk. Hulle het gesien dat nie een van die Israeliete se diere gevrek het nie. Maar die farao het hardkoppig gebly. Hy het nie die Israeliete laat gaan nie.

Eksodus 9