Eksodus 36:20-33 Bybel vir Almal (ABA)

20. Hulle het rame van doringhout vir die tempel-tent gemaak om die tempel-tent regop te hou.

21. Elke raam was tien el lank en een en ’n halwe el breed.

22. Elke raam het twee houtpenne en twee gate gehad. Hulle het die houtpenne in die gate gesit sodat hulle die pale styf aan mekaar kon vasmaak. Hulle het al die rame van die tempel-tent so vasgemaak.

23-26. Hulle het 20 rame vir die suidekant en 20 vir die noordekant van die tempel-tent gemaak. Hulle het ook 40 silwer voetstukke gemaak vir elke kant. Hulle het die voetstukke onder die rame gesit, twee voetstukke onder elke raam waar die twee houtpenne is.

27. Vir die agterkant van die tempel-tent, die westekant, het hulle ses rame gemaak

28. en hulle het twee rame gemaak vir die hoeke van die tempel-tent, vir die twee agterste hoeke van die tempel-tent.

29. Hulle het die hoekrame sterker gemaak van onder tot bo by die boonste ring.

30. Aan die westekant was ag rame, en daar was 16 silwer voetstukke, twee voetstukke onder elke raam.

31-32. Hulle het dwarspale gemaak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan elke kant van die tempel-tent en ook vyf dwarspale vir die rame aan die agterkant van die tempel-tent, die westekant.

33. Die middelste dwarspaal was lank. Hulle het dit vasgemaak in die middel van die rame, van die een kant tot by die ander kant.

Eksodus 36