Eksodus 25:28-33 Bybel vir Almal (ABA)

28. Julle moet die dra-pale van doringhout maak en julle moet dit oortrek met goud. Julle moet die tafel met die dra-pale dra.

29. Julle moet ook skottels en panne en kanne en bakke maak. Julle moet die drank-offers daarmee op die altaar gooi. Julle moet dit alles van skoon goud maak.

30. Julle moet altyd offer-brood vir My neersit op hierdie tafel.”

31. Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n lampstaander van skoon goud maak. Die lampstaander moet ’n voetstuk hê, ’n stam, blomme en blomknoppe. Dit moet alles een stuk goud wees.

32. Daar moet ses arms aan die lampstaander wees: drie arms aan die een kant en drie arms aan die ander kant.

33. Daar moet drie blomme aan elke arm wees. Hulle moet lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome.

Eksodus 25