Eksodus 18:20-23 Bybel vir Almal (ABA)

20. Jy moet vir hulle leer wat God wil hê hulle moet doen. Jy moet vir hulle wys hoe om reg te lewe en wat hulle moet doen.

21. Jy moet uit die hele volk manne kies wat weet wat om te doen en wat vir God eer. Hulle moet eerlik wees en nie net vir hulleself sorg nie. Hulle moet dan die leiers wees, leiers van 1 000 mense, of van 100 mense of 50 mense of tien mense.

22. Hulle kan dan na die mense se probleme luister. Die leiers kan al die groot probleme na jou toe bring en hulle kan self na al die klein probleme luister. Dan sal dit vir jou makliker wees, en so kan hulle jou help.

23. As jy doen wat ek sê, en as God ook sê jy moet dit so doen, dan sal jy kan aanhou om die werk te doen. Al die mense sal ook tevrede huis toe gaan.”

Eksodus 18