Deuteronomium 32:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle is dwase mense,julle het nie wysheid nie,is dit wat julle doenaan die Here?Hy is julle Vader,Hy het julle gemaak.Hy self het julle gemaak en Hyhet vir julle die lewe gegee.

7. Julle moet onthou hoe ditlank gelede was,julle moet dink aan die jarewat lank verby is.Julle moet vir julle ouers vra,sodat hulle vir julle kan vertel,julle moet vir die oumense vra,húlle sal vir julle sê hoe dit was.

8. Toe die Hoogste Godvir die volke hulle landegegee het,toe Hy gesê het dat die menseaan verskillende volkemoet behoort,toe het Hy gesê waar die grensevan die lande moet wees.Hy het gekyk hoeveel Israelietedaar is,en Hy het besluit hoeveel volkedaar moet wees.

9. Maar die Here het sy éie volkgekies, Jakob behoort aan Hom.

10. Die Here het sy volkin die woestyn gekry,in ’n wilde wêreld waar niemandwoon nie.Hy beskerm sy volken Hy sorg vir hulle,Hy pas hulle op soos ’n menssy oog oppas.

Deuteronomium 32