7. Maar as die broer van haar oorlede man nie met haar wil trou nie, dan moet sy na die poort gaan, na die leiers toe, en sy moet vir hulle sê: ‘My swaer wil nie hê dat die Israeliete die naam van sy broer moet onthou nie, hy wil nie met my trou nie.’
8. “Dan moet die leiers van sy stad die swaer roep en met hom praat. As hy dan daar staan en hy sê: ‘Ek wil nie met haar trou nie,’
9. dan moet sy broer se vrou nader kom waar die leiers dit sien, en sy moet sy sandaal van sy voet afhaal. Sy moet in die man se gesig spoeg en sê: ‘Dit is wat ’n mens doen met ’n man wat nie vir sy broer wil help om ’n nageslag te kry nie.’
10. “Al die Israeliete sal dan sê hierdie man se huisgesin is die huisgesin van die man wat sy sandaal verloor het.”