17. Nee, hy moet wys dat hy weet dat die oudste seun twee maal meer moet erf as die ander seun, ook as hy die seun is van die vrou van wie hy nie so baie hou nie. Hoekom? Want die oudste seun is sy eerste kind, en hý moet die regte van die oudste seun kry.”
18. “Iemand het miskien ’n seun wat hardkoppig en opstandig is en wat nie luister na sy ouers nie. Die ouers sê vir hom hoe hy moet lewe, maar hy luister nie na hulle nie.
19. Dan moet sy ouers hom na die leiers van die stad neem, na die poort van die stad waar hy woon.