1. Moses het gesê: “Ons het weggegaan na die woestyn, soos die Here vir my gesê het. Ons het eers op die pad na die Riet-see geloop en toe het ons baie lank geloop rondom die Seïr-berge.
2. Die Here het eendag vir my gesê:
3. ‘Julle het nou lank genoeg om hierdie berge geloop, julle moet nou draai en noord gaan.
4. Jy moet vir die volk sê: Julle gaan nou deur die land van mense wat familie is van julle, die nageslag van Esau. Hulle woon in die land Seïr. Hulle is bang vir julle. Julle moet baie versigtig wees,
5. julle moenie teen hulle oorlog maak nie, want Ek sal nie vir julle van hulle grond gee nie, niks nie. Ek het die Seïr-berge vir Esau gegee.
28-29. Jy kan kos en water aan ons verkoop om te eet en te drink. Jy moet net sê dat ons deur jou land mag loop totdat ons deur die Jordaan-rivier kan gaan na die land wat ons God die Here vir ons gee. Die nageslag van Esau wat in die land Seïr woon en die Moabiete wat in die land Ar woon, het gesê ons mag deur hulle lande loop.’