Deuteronomium 14:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “Julle is kinders van julle God die Here. Julle mag nie julleself stukkend sny of julle voorkop kaal skeer omdat julle hartseer is omdat iemand gesterf het nie,

2. want julle is die gewyde volk van julle God die Here. Die Here het vir júlle gekies uit al die ander volke op die aarde om aan Hom te behoort en om sy eie volk te wees.”

3. “Julle mag nie iets eet wat die Here haat nie.

12-18. Die voëls wat julle nie mag eet nie, is: arende, aasvoëls, vis-arende, valke, kraaie, volstruise, seemeeue, uile, pelikane, visvangers, duikers, ooievaars, reiers, hoep-hoepe, en ook vlermuise.

Deuteronomium 14