Daniël 6:14-16 Bybel vir Almal (ABA)

14. Toe sê die amptenare vir die koning: “Een van die manne van Juda wat hier in Babel is, doen nie wat jy wil hê nie. Dit is Daniël, hy doen nie wat die wet sê nie. Hy bid drie maal elke dag tot sy God.”

15. Die koning was baie hartseer toe hy dit hoor. Hy wou vir Daniël red, en hy het die hele dag ’n plan probeer maak om Daniël te help.

16. Maar daardie amptenare het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Koning, jy moet onthou, dit is ’n wet van Medië en Persië. Niemand kan ’n wet wat die koning gemaak het, verander nie.”

Daniël 6