12. Die boom het mooi blare en baie vrugte gehad. Almal kon van sy vrugte eet. Die diere het onder die boom kom lê, en die voëls het in sy takke gewoon. Die boom se vrugte was kos vir al die mense en die diere.
13. “ ‘Ek het geslaap en gedroom daar kom ’n heilige engel uit die hemel.
14. Die engel het hard gepraat en gesê: “Kap af die boom, sny af sy takke, skud af sy blare, gooi sy vrugte oral rond. Die diere onder die boom moet wegvlug, en die voëls moet wegvlug uit sy takke.
15. Maar moenie die boom se stam uithaal nie, laat staan dit in die grond. Sit ’n band van yster en brons om die stam en laat die stam tussen die gras staan. Die dou uit die lug moet die stam natmaak. Nebukadnesar moet wilde plante eet soos die diere.
16. Sy verstand moet verander, dit moet sewe jaar lank soos ’n dier se verstand word.
17. Dit het die heilige engele gesê, en dit sal gebeur. Dan sal almal wat lewe, weet dit is God, die Hoogste God, wat besluit wie koning sal wees. Hy kan enige mens kies en hom koning maak, ook die onbelangrikste mens.”
18. “ ‘Dit is die droom wat ek, Nebukadnesar, gehad het, en jy, Beltsassar, moet vir my sê wat die droom beteken. Al die wyse mense in my land kan nie vir my sê wat dit beteken nie, maar jy kan, want dit is die heilige gode wat jou help.’ ”