14. Arjok was die hoof van die soldate wat die koning moes oppas, en die koning het gesê hy moet die wyse mense van Babel doodmaak. Arjok het gegaan om dit te doen, maar toe het Daniël met hom gaan praat. Daniël was slim om met Arjok te gaan praat.
15. Hy het vir Arjok gevra: “Hoekom is die koning so kwaad? Hoekom het hy besluit om ons dood te maak?”Arjok het vir Daniël vertel wat gebeur het.
16. Daniël het na die koning toe gegaan en gevra die koning moet ’n bietjie wag, dan sal hy vir die koning sê wat die droom beteken.
17. Daniël het huis toe gegaan en vir sy vriende Gananja, Misael en Asarja vertel wat gebeur het.
18. Hy het gebid die God van die hemel moet vir hulle goed wees en vir hom sê wat die koning gedroom het. Dan sal die koning se manne nie vir Daniël en sy vriende doodmaak saam met die ander wyse mense van Babel nie.
19. Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys.
20. Hy het gesê:“Die mense moet die Naamvan God altyd prys,want Hy weet allesen Hy is baie sterk.
21. Hy laat jare en maande verbygaanen Hy sê wat moet gebeur.Hy vat konings weg,Hy kies nuwe koningsen stel hulle aan.God gee wysheid en kennisvir wyse en verstandige mense.
22. Hy help mense om moeilike dingete verstaan.Hy weet wat in die donker is,want by Hom is lig.
23. Ek prys U,God van my voorvaders,want U het vir my wysheid gegeeen U het my sterk gemaak.U het vir my gesêwat ek vir U gevra het.U het vir ons gesêwat die koning gedroom het.”
24. Daarna het Daniël na Arjok toe gegaan. Arjok moes die wyse mense van Babel doodmaak. Daniël het vir Arjok gesê: “Jy moenie die wyse mense van Babel doodmaak nie. Vat my na die koning toe, dan sal ek vir hom sê wat sy droom beteken.”
25. Arjok het gou vir Daniël na die koning toe gebring en vir die koning gesê: “Ek het ’n man gekry wat vir jou kan sê wat die droom beteken. Dit is een van die gevangenes wat uit Juda gekom het.”
26. Die koning het vir Daniël gevra: “Kan jy vir my sê wat ek gedroom het en wat die droom beteken?”Daniël se ander naam was Beltsassar.
27. Daniël het vir die koning gesê: “Koning, die wyse mense, al die slim mense, kan nie vir jou sê wat jy wil weet nie.
28. Maar in die hemel is daar ’n God wat kan sê wat mense nie weet nie. Hy het vir jou, koning Nebukadnesar, gewys wat later sal gebeur. Ek sal nou vir jou vertel wat jy gedroom en gesien het toe jy geslaap het: