Amos 3:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Daarom, daar is vyanderondom die land!Hulle sal julle sterk mure afbreeken hulle sal allesin julle mooi huisevir hulleself vat.”

12. Die Here sê:“Wanneer ’n leeu ’n skaap vang,dan kan die skaapwagter miskiennet twee pootjiesof ’n stukkie van die skaap se oorgryp uit die leeu se bek.So sal daar ook baie min oorblyvan die mense van Israelwat nou so rustig in Samariaop hulle beddensen rusbanke lê.”

13. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Julle moet luisteren julle moet die mensevan Israel waarsku.

14. Wanneer Ek die mensevan Israel strafoor hulle sondes,dan sal Ek die altarein die stad Bet-El afbreek.Ek sal die altaar se horings afkapen op die grond gooi.

15. Ek sal die huise plat slaan,die huise waarin hullein die somer woon,en die huise waarin hullein die winter woon.Daar sal niks oorbly van die huisewat hulle met ivoormooi gemaak het nie.Daar sal niks oorblyvan die baie huise nie,”sê die Here.

Amos 3