Amos 3:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Mense van Israel, die Here het julle almal uit Egipte gebring. Luister wat sê Hy vir julle:

2. “Daar is baie volke op die aarde,maar dit is vir jullewat Ek gekies het.Daarom sal Ek julle strafoor alles wat julleverkeerd doen.”

3. Twee mense besluit eersdat hulle saam wil loop,en dan doen hulle dit.

4. ’n Leeu in die bos vang eers iets,en dan brul hy.

5. Iemand sit eers ’n vangstrikop die grond,en dan vang hy ’n voël daarin.’n Vangstrik vang eers iets,en dan klap dit toe.

6. Wanneer iemanddie ramshoringin die stad blaasom te sê die vyand kom,dan skrik die mense.Wanneer die Here sêdit moet sleg gaan in ’n stad,dan gebeur dit.

7. Ja, die Here sê eersvir sy dienaars, die profete,wat Hy wil doen,en dan doen Hy dit.

8. Wanneer die leeu gebrul het,dan is die mense bang.Wanneer die Here gepraat het,dan moet sy profeet praat.

9. Die Here sê:“Julle moet gaan praatmet die mensein die mooi huisevan die stad Asdoden die land Egipte.Julle moet vir hulle sê:‘Kom bymekaar op die bergerondom die stad Samaria.Kom kyk hoe swaar kry die mensein die stad.’ ”

10. Die Here sê:“Die mense se mooi huiseis vol goed wat hullevan ander mensegesteel het.Hulle weet nie hoeom reg te doen nie.

11. Daarom, daar is vyanderondom die land!Hulle sal julle sterk mure afbreeken hulle sal allesin julle mooi huisevir hulleself vat.”

Amos 3