2 Timoteus 2:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. En omdat ek hierdie goeie boodskap preek, het die mense my laat swaarkry en hulle het my soos ’n skelm toegesluit in die tronk. Maar hulle kan nie die boodskap van God in die tronk toesluit en dit keer nie.

10. Daarom is ek tevrede en hou ek aan om te doen wat ek moet doen. God het mense gekies, en ek doen dit vir daardie mense. Ek wil hê dat Christus Jesus ook vir hulle moet red en dat hulle vir altyd by God kan wees, God wat Koning is.

11. Wat ek nou wil sê, is waar:Christus het gesterf,en ons het saammet Hom gesterf.God het vir Christusweer laat lewe,daarom sal ons ook saammet Christus lewe.

12. As ons aanhou om in Christuste glo,dan sal ons ook saammet Hom regeer soos konings.As ons nie vir mense wil sêdat ons aan Christusbehoort nie,dan sal Christus sêdat ons nie aan Hombehoort nie.

13. As ons ontrou is,dan sal Christus nog altyd doenwat Hy belowe het,want Hy kan nie anders weesas wat Hy is nie.

14. Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die gelowiges te sê. Jy moet hulle ernstig waarsku, jy moet vir hulle sê dat God hoor wat jy sê. Jy moet hulle waarsku dat hulle nie met mekaar moet baklei oor woorde nie. Dit help niks wanneer mense so stry nie, en dit is sleg vir die mense wat hoor hoe hulle stry.

15. Jy moet hard probeer om God só te dien dat Hy tevrede sal wees met jou werk. Jy moet só werk dat jy nie skaam sal wees daaroor nie. Jy moet op die regte manier vir die mense vertel van die waarheid.

16. Jy moenie luister na die stories van mense wat niks weet van God nie. Mense wat daardie dinge sê, sal meer en meer verkeerde dinge doen.

17. En die dinge wat hulle sê, sal verder en verder groei, soos kanker. Himeneus en Filetus het ook dieselfde dinge gesê.

18. Hulle het gesê dat God die mense wat dood is, klaar weer laat lewe het. So het hulle opgehou om die waarheid te vertel en hulle het party mense laat ophou glo in Christus.

19. Maar God het ’n fondament gebou wat vas staan. Daar is op die fondament geskryf: Die Here ken die mense wat aan Hom behoort en Elkeen wat die Naam van die Here gebruik en tot Hom bid, moet ophou om verkeerde dinge te doen.

20. In ’n groot huis is daar borde en bakke van goud en silwer, maar daar is ook dinge van hout en klei. ’n Mens gebruik party dinge wanneer daar ’n spesiale fees is, en ’n mens gebruik party dinge elke dag.

2 Timoteus 2