1. Dawid het gevra: “Lewe daar nog iemand van die nageslag van Saul? Ek wil vir hom doen wat ek moet doen, want ek het dit vir Jonatan belowe.”
2. Daar was ’n amptenaar van die koningsfamilie van Saul, sy naam was Siba. Die mense het hom laat roep, en toe hy by Dawid kom, het die koning gevra: “Is jy Siba?”Hy het gesê: “Ja, wat kan ek vir jou doen?”
3. Die koning het vir hom gevra: “Lewe daar nog iemand van die nageslag van Saul? Ek wil vir hom doen wat ek moet doen, ek het dit voor God belowe.”Siba het vir die koning gesê: “Daar is nog ’n seun van Jonatan. Maar sy bene is verlam.”
4. Die koning het vir Siba gevra: “Waar is hy?”Siba het vir die koning gesê: “Hy is in die stad Lo-Dabar, in die huis van Makir seun van Ammiël.”