3. Die tweede seun was Kilab, sy ma was Abigajil. Sy was voorheen die vrou van Nabal van die stad Karmel.Die derde seun was Absalom, sy ma was Maäka, die dogter van koning Talmai van Gesur.
4. Die vierde seun was Adonija, sy ma was Gaggit.Die vyfde seun was Sefatja, sy ma was Abital.
5. Die sesde seun was Jitream, sy ma was Dawid se vrou Egla.Dit is die seuns van Dawid wat in Hebron gebore is.
6. Terwyl die oorlog tussen Is-Boset en Dawid aangehou het, het Abner probeer om ’n belangrike persoon te word in die familie van Saul.
7. Saul het ’n byvrou gehad, sy was Rispa dogter van Aja. Is-Boset het vir Abner gevra: “Hoekom slaap jy by my pa se byvrou?”
8. Abner het baie kwaad geword omdat Is-Boset dit gesê het. Abner het gesê: “Dink jy ek wil teen jou veg saam met die mense van Juda? Ek het gebly by jou pa Saul se familie, by sy broers en sy vriende, en ek het jou beskerm teen Dawid. Hoekom is jy nou kwaad vir my? Hoekom sê jy ek het iets verkeerd gedoen met die vrou?
31-32. Dawid het vir Joab en al die manne by hom gesê: “Julle moet julle klere skeur en rouklere aantrek, julle moet rou oor Abner.”Hulle het vir Abner in Hebron begrawe. Koning Dawid het geloop agter die mense wat Abner se lyk gedra het. Die koning het hard gehuil by Abner se graf, en al die manne het saam gehuil.