2 Samuel 3:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die oorlog tussen Is-Boset en Dawid het lank aangehou, maar Dawid se leër het sterker geword en Is-Boset se leër het swakker geword.

2. Ses seuns van Dawid is gebore in Hebron:Die eerste seun was Amnon, sy ma was Aginoam van Jisreël.

3. Die tweede seun was Kilab, sy ma was Abigajil. Sy was voorheen die vrou van Nabal van die stad Karmel.Die derde seun was Absalom, sy ma was Maäka, die dogter van koning Talmai van Gesur.

4. Die vierde seun was Adonija, sy ma was Gaggit.Die vyfde seun was Sefatja, sy ma was Abital.

31-32. Dawid het vir Joab en al die manne by hom gesê: “Julle moet julle klere skeur en rouklere aantrek, julle moet rou oor Abner.”Hulle het vir Abner in Hebron begrawe. Koning Dawid het geloop agter die mense wat Abner se lyk gedra het. Die koning het hard gehuil by Abner se graf, en al die manne het saam gehuil.

2 Samuel 3