8. Die aarde het geskuden gebewe,die fondamente van die hemelhet gebewe en geskud,want die Here was kwaad.
9. Rook het uit sy neus gekom,vuur het uit sy mond gebrand,kole vuur het uit Hom gekom.
10. Hy het die hemel oopgeskuifen Hy het afgekom,daar was donker wolkeonder sy voete,
11. Hy het op ’n gerub geklimen Hy het gevlieg,Hy het verskyn op die vlerkevan die wind.
12. Dit was donker rondom Hom,donker water en dik wolkehet Hom toegemaak.
13. Dit het geblink voor Hom,kole vuur het geskyn.
14. Die Here het die donderweerlaat raas in die lug,die Hoogste Godhet hard gepraat.
15. Die weerligstrale was sy pyle,Hy het sy vyandena alle kante toe gejaagen Hy het hulle laat vlug.
16. “Wanneer die Heremet sy vyande raas,wanneer die asem uit sy neus’n stormwind word,dan word die see leeg,en die fondamentevan die wêreld lê oop.
17. “Die Here steek sy handuit die hemelen Hy gryp my,Hy tel my op uit die baie water.
18. Hy red my van mysterk vyande,van die mense wat my haat,want hulle is te sterk vir my.
19. Hulle val my aanwanneer ek swaarkry,maar die Here hou my regop.
20. “Hy bring my na ’n plekwaar ek vry is,Hy red my,want Hy is lief vir my.
21. Ek is onskuldig,en die Here gee vir mywat ek moet kry,ek het niks verkeerd gedoen nie,en die Here beloon my.
22. Ja, ek het gedoenwat die Here wil hê.Wanneer my God my oordeel,dan is ek nie skuldig nie.
23. Ek het onthou wat Hygesê het ek moet doen,ek het gedoen wat Hybeveel het.