29. Ja, Here, U gee vir my lig,U maak lig wanneer dit donkeris om my.
30. Ja, wanneer U by my is,dan kan ek ’n klompmense aanval,wanneer U, my God, by my is,dan kan ek oor’n hoë muur spring.
31. “Wat God doen, is alles reg,wat die Here sê, is altyd waar.Hy is soos ’n skild vir almalwat na Hom toe vlug.
32. Die Here is die enigste God,net ons God is ’n Rots.
33. Hy is die God wat sterk is,ek is veilig by Hom,Hy maak my lewe veilig.
34. Hy laat my so vas staansoos ’n ribbok,Hy laat my veilig staanop hoë plekke.
35. Hy leer vir my om oorlogte maak,Hy maak my arms sterksodat ek die snaarvan ’n brons-boogstyf kan trek.
36. Die skild wat U vir my gee,red my lewe,U help my,en dit gaan goed met my.
37. U laat my vinnig hardloop,my voete gly nie.
38. Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle,ek draai nie omvoordat hulle almaldood is nie.
39. Ek maak hulle dood,ek slaan hulle,hulle staan nie weer op nie,hulle lê voor my voete.
40. U maak my sterk om oorlogte maak,U laat my vyandeop hulle knieë staanvoor my.
41. U laat hulle vlug, weg van my,en ek kan die mensewat my haat,vir altyd stilmaak.
42. Hulle skree en vra dat iemandhulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here,maar Hy antwoord hulle nie.