2 Samuel 22:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het hierdie lied vir die Here gesing in die tyd toe die Here hom gered het van sy vyande en van Saul.

2. Hy het gesing:“Here, U is my Rots,my veilige plek in die berge,U maak my vry.

3. God wat my Rots is,ek voel veilig by U,U is vir my soos ’n skild,U is sterk en U red my,U is vir my ’n veilige plek,ek kan na U toe vlug,U is my Redder,U red my van mensewat my aanval,

4. Here, ek wil U prys,want U het my geredvan my vyande.

5. Die branders van die doodwou my vashou,waterstrome het oor my gespoelen wou my doodmaak.

2 Samuel 22