2 Samuel 22:1-20 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het hierdie lied vir die Here gesing in die tyd toe die Here hom gered het van sy vyande en van Saul.

2. Hy het gesing:“Here, U is my Rots,my veilige plek in die berge,U maak my vry.

3. God wat my Rots is,ek voel veilig by U,U is vir my soos ’n skild,U is sterk en U red my,U is vir my ’n veilige plek,ek kan na U toe vlug,U is my Redder,U red my van mensewat my aanval,

4. Here, ek wil U prys,want U het my geredvan my vyande.

5. Die branders van die doodwou my vashou,waterstrome het oor my gespoelen wou my doodmaak.

6. Toue van die doderykhet my vasgebind, vangstrikke van die doodhet my gevang en vasgehou.

7. “Wanneer dit sleg gaan,dan skree ek: Here!Ek roep na my God,Hy hoor my stem in sy paleis,Hy hoor wanneer ek roepen vra dat Hy my moet help.

8. Die aarde het geskuden gebewe,die fondamente van die hemelhet gebewe en geskud,want die Here was kwaad.

9. Rook het uit sy neus gekom,vuur het uit sy mond gebrand,kole vuur het uit Hom gekom.

10. Hy het die hemel oopgeskuifen Hy het afgekom,daar was donker wolkeonder sy voete,

11. Hy het op ’n gerub geklimen Hy het gevlieg,Hy het verskyn op die vlerkevan die wind.

12. Dit was donker rondom Hom,donker water en dik wolkehet Hom toegemaak.

13. Dit het geblink voor Hom,kole vuur het geskyn.

14. Die Here het die donderweerlaat raas in die lug,die Hoogste Godhet hard gepraat.

15. Die weerligstrale was sy pyle,Hy het sy vyandena alle kante toe gejaagen Hy het hulle laat vlug.

16. “Wanneer die Heremet sy vyande raas,wanneer die asem uit sy neus’n stormwind word,dan word die see leeg,en die fondamentevan die wêreld lê oop.

17. “Die Here steek sy handuit die hemelen Hy gryp my,Hy tel my op uit die baie water.

18. Hy red my van mysterk vyande,van die mense wat my haat,want hulle is te sterk vir my.

19. Hulle val my aanwanneer ek swaarkry,maar die Here hou my regop.

20. “Hy bring my na ’n plekwaar ek vry is,Hy red my,want Hy is lief vir my.

2 Samuel 22