2 Konings 6:30-33 Bybel vir Almal (ABA)

30. Toe die koning hoor wat die vrou sê, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het op die muur geloop, en die mense kon sien dat hy rouklere aangehad het onder sy ander klere.

31. Die koning het gesê: “Vandag sal ek die kop van Elisa seun van Safat laat afkap. God moet my straf as ek dit nie doen nie.”Die koning het iemand gestuur om Elisa se kop af te kap.

32. Elisa was in sy huis, en die leiers het by hom gesit. Maar voordat die man wat die koning gestuur het, daar gekom het, het Elisa vir die leiers gesê: “Weet julle dat hierdie moordenaar, die koning van Israel, iemand gestuur het om my kop af te kap? Julle moet kyk, en wanneer die persoon kom, dan moet julle die deur sluit en hom buite hou. Ek hoor sy koning kom saam met hom.”

33. Terwyl Elisa besig was om te praat, het die koning self daar aangekom. En toe sê hy vir Elisa: “Dit is die Here wat dit so sleg laat gaan met ons. Ek weet Hy wil ons nie help nie.”

2 Konings 6