12. Hy sê toe vir die jongman Gehasi wat vir hom werk: “Gaan roep vir my hierdie vrou van Sunem.”Gehasi het haar gaan roep, en sy het by die deur kom staan.
13. Toe sê Elisa vir Gehasi: “Sê vir haar: Jy het baie gedoen om vir ons te help. Wat kan ons vir jóú doen? Kan ek vir die koning of vir die hoof van die leër iets sê oor jou?”Die vrou het geantwoord: “Nee, ek woon by my eie mense.”
14. Elisa sê toe: “Ek wonder wat ek vir haar kan doen.”En toe sê Gehasi: “Ek weet wat jy vir haar kan doen. Sy het nie ’n seun nie, en haar man is oud.”
15. Elisa het gesê Gehasi moet die vrou gaan roep, en sy het by die deur kom staan.
16. Toe sê Elisa vir die vrou: “Jy sal volgende jaar hierdie tyd jou eie seun in jou arms hou.”Die vrou het gesê: “Nee, Meneer, jy is ’n man van God, jy moenie vir my jok nie.”
17. Maar die vrou het swanger geword en sy het ’n seun gekry op die tyd wat Elisa gesê het.
18. Toe die seun groter was, het hy eendag saam met sy pa gegaan na die koringland waar die mense die koring afsny.
19. En hy het vir sy pa gesê: “My kop is seer, my kop is seer.”Sy pa het vir ’n jongman gesê: “Neem my seun na sy ma toe.”
20. Die jongman het die seun opgetel en hy het hom na sy ma toe geneem. Die seun het op haar skoot gesit tot die middag, en toe het hy gesterf.
21. Sy ma het hom na die bo-kamer gedra en sy het hom neergesit op die man van God se bed. Sy het toe die deur gesluit en ondertoe gegaan.
22. Toe roep sy haar man en sê: “Stuur asseblief vir my een van die jongmanne en ’n donkie, ek wil gou na die man van God toe gaan.”
23. Haar man het gevra: “Hoekom wil jy vandag na hom toe gaan? Dit is nie Nuwemaan-fees of Sabbatdag nie.”Die vrou het gesê haar man moenie bekommerd wees nie.
24. Sy het die donkie laat opsaal en vir die jongman gesê: “Jy moet die donkie vinnig jaag, jy moet net stadiger gaan wanneer ek vir jou sê.”
25. Toe sy by die man van God op Karmel-berg kom, het hy haar sien aankom en vir die jongman Gehasi by hom gesê: “Kyk, hier kom die vrou van Sunem.
26. Hardloop asseblief na haar toe en vra vir haar: ‘Gaan dit goed met jou, gaan dit goed met jou man, gaan dit goed met die kind?’ ”Die vrou het geantwoord: “Dit gaan goed.”