2 Konings 25:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. en in die negende jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het, het Nebukadnesar en al sy soldate gekom om Jerusalem aan te val. Hy het sy tente laat opslaan rondom die stad en hulle het begin om ’n grondwal om die stad te bou.

2. Hulle het rondom die stad gebly tot in die elfde jaar nadat Sedekia koning geword het.

3. Op die negende dag van die vierde maand was die kos in die stad op. Daar was nie meer kos om te eet nie.

4. Die soldate van Babel het oor die muur begin kom, en die soldate van Jerusalem het in die nag begin vlug deur die poort tussen die twee mure, op die pad na die koning se tuin. Die Galdeërs was rondom die stad, en koning Sedekia het op die pad na die Jordaan-vallei probeer wegkom.

5. Maar die soldate van die Galdeërs het die koning gevolg en gejaag en hulle het hom gekry op die droë, gelyk grond by Jerigo. Al sy soldate het na al die kante toe gevlug, weg van hom.

6. Die Galdeërs het koning Sedekia gevang en hulle het hom geneem na die koning van Babel toe in die stad Ribla. Daar het die koning van Babel besluit hoe hy vir Sedekia wil straf.

7. Hulle het die seuns van Sedekia doodgemaak, en Sedekia moes kyk terwyl hulle dit doen. Toe het hulle Sedekia se oë uitgesteek en hulle het hom met kettings vasgebind en na Babel gevat.

8. Nebusaradan, die hoof-offisier en amptenaar van die koning van Babel, het na Jerusalem gekom in die vyfde maand, op die sewende dag van die maand, in die 19de jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het.

9. Nebusaradan het die tempel afgebrand en ook die paleis en al die huise in Jerusalem, al die groot huise.

10. Die soldate van die Galdeërs wat by die hoof-offisier was, het die mure rondom Jerusalem afgebreek.

2 Konings 25