2 Konings 19:30-34 Bybel vir Almal (ABA)

30. Die mense van Juda wat oorgebly het en wat nog lewe, sal wees soos plante wat sterk wortels in die grond het en wat baie vrugte dra.

31. Ja, mense sal kom van Jerusalem, van Sionsberg af, mense wat oorgebly het en wat nog lewe. Dit sal gebeur, want die Here wat oor alles regeer, sal die mense van Juda nie alleen los nie.

32. “Daarom sê Ek, die Here, hierdie woorde oor die koning van Assirië:“Hy sal nie in hierdie stadinkom nie,hy sal nie hier met sy pylen boog skiet nie.Hy sal nie hier sy skildkom optel om homselfte beskerm nie.Hy sal nie grond teen die stadse muur gooi sodat hyoor die muur kan klim nie.

33. Hy sal teruggaan op die padwat hy gekom het,hy sal nie in hierdie stadinkom nie.“Dit het Ek, die Here, gesê.

34. Ja, Ek sê:“Ek sal hierdie stad beskermen red,Ek sal dit doen vir Myselfen vir my dienaar Dawid.”

2 Konings 19